Afrikaans, Engels, ‘n leë dop en ‘n mosie aan die Universiteit Stellenbosch

Vrydag is daar ‘n pro-Afrikaanse mosie ingedien wat eerskomende Donderdagaand voor die konvokasie vir stemming dien. Die mosie is deur 35 jong Afrikaanssprekende Maties onderteken wat òf nog aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer òf wat pas afgestudeer het.

 

Die ondergetekendes eis dat die US dringend `n volwaardige plek vir Afrikaans in alle fakulteite verskaf en indien daar ook `n Engelse aanbod gedoen word dit deur tolking of parallelmedium geskied. Die oorsprong van hierdie mosie lê nie net in die feit dat die Grondwet aan Afrikaanssprekendes die reg gee om onderrig in openbare onderwysinstellings te ontvang in die taal van hul keuse nie, maar ook omdat daar ‘n daadwerklike behoefte onder hedendaagse Afrikaansprekendes is om universiteitsopleiding in Afrikaans te ontvang. Ons Grondwet wil ‘n samelewing daarstel wat gebou is op menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Hierdie ideale kan net gerealiseer word indien die grondwetlike regte van die inwoners van ons diverse land gerespekteer word. Ander Suid-Afrikaners het natuurlik ook hierdie regte en daarom mik ons vir ‘n US wat getransformeerd en inklusief is en wat klasse dmv tolking en parallelmediumonderrig aanbied. Hierdie oplossings is egter nie probleemvry nie. Maar waarvoor was die struggle dan as ons vandag nie bereid is om moeite te doen ten einde Grondwetlike verskanste regte te beskerm nie? Indien dit nie gedoen word nie is die beloftes van ‘n nuwe Suid-Afrika, soos vervat in die Grondwet, bloot ‘n leë dop.

 

Die uitbreiding en nie-monitering van die T-opsie is besig om Afrikaans erg te ondermyn en as sake so aangaan sal die US binne enkele jare totaal verengels het. Volgens die Schlemmer-verslag van 2008 is die meerderheid studente in elk geval erg gekant teen die T-opsie.

 

Oud-president Nelson Mandela het in die 1990’s ‘n kommissie in die lewe geroep onder Jakes Gerwel om die toekoms van Afrikaans te ondersoek. Die sogenaamde Gerwel Kommissie, wie se verslag nooit amptelik aanvaar is nie, het aanbeveel dat twee universiteite in Suid-Afrika aangewys word om Afrikaans as akademiese taal te ontwikkel, een in die suide en een in die noorde. In terme van hierdie verslag is Stellenbosch by uitstek die universiteit in die suide om hierdie rol te vervul.

 

As jy die mosie steun, kliek gerus op die “like” knoppie op die Facebook-blad.

 

Views: 284

Tags: Afrikaans, Grondwet, T-opsie, opinions, taaldebat, universiteitsbestuur

Comment by Chris Mouton on November 7, 2011 at 23:44
Fight the good fight. Jammer, daai was in engels...Veg die..?
Comment by Philip de Beer on November 8, 2011 at 16:19

Jammer buddy, ek is Afrikaans en ek dank die sterre vir Engels op kampus. Hier is 'n paar eenvoudige, pragmatiese redes.

 

1. Vanaf 2011 verneem ek dat meer as 50% van studente nie Afrikaans is nie. So much for your majority.

2. Die feit dat ons navorsing al hoe meer in Engels plaasvind en/of Engels toe vertaal word beteken ons geliefde US is terug in die Top 500'e.

3. Ek het 'n beter kans vir beurse en/of oorsese studie omdat my onderrig 'n Engelse komponent bevat.

4. My graad is meer kompeterend omdat dit 'n Engelse komponent bevat.

5. Engelse mense is oor die algemeen meer liberaal, wat 'n wonderlike balaans aan ons soms uber-konservatiewe kampuskultuur bring ---> sien debat oor standbeeld op Rooiplein. What a beautiful piece of art.

6. Om Afrikaans op hierdie (te?) late stadium aftedwing doen die wonderlike taal meer skade as goed. 

7. Hoe gaan ek my daaglikse genot uit hoe belaglik sekere Engelse dudes soms praat en optree put as ons hulle marginaliseer op ons fraaie kampus?

 

Vir 'n meer filosofiese, en in-diepte inslag, sien asb:

http://constitutionallyspeaking.co.za/why-the-taalbulle-will-destro...

http://afrikaans.news24.com/Rubrieke/JohanSwarts/Wie-se-Afrikaans-m...

 

Vrede vokkers.

 

Phil

Comment by Jana Roos on November 8, 2011 at 17:22

Ernst, ek sou graag 'n bietjie meer duidelikheid he oor wat presies jy en die res van die ondertekendes bedoel met 'volwaardige plek' vir Afrikaans--strek dit slegs tot 'n spesifieke rol in onderrig? Is dit gefokus op voorgraads of beide voor- en nagraads? Wat van die praktiese beperkings op 'n tolkdiens of in terme van lokale en dosente vir 'n parralelmedium-opsie?

 

 

Comment by Jana Roos on November 8, 2011 at 17:45
*parallel. Ek kry altyd daai een verkeerd.
Comment by Liana Meyer on November 8, 2011 at 18:33

'n Mens kan allerhande justifications probeer kry vir die mosie en dit so legitimate as moontlik probeer laat lyk, maar in my (en ander se) opinie is dit maar net weereens 'n manier vir wit Afrikaanse mense om Stellenbosch so wit en Afrikaans moontlik te probeer hou. Dit is nou natuurlik afgesien van die feit dat 'n groot hoeveelheid Afrikaans-sprekende studente in Engels swot en eintlik nie sal omgee as die Universiteit verengels nie.

Stel jouself bietjie voor wat sal gebeur as elke taalgroep begin aandring op 'n universiteit van sy eie. Is die hele punt van 'n demokrasie en 'n Grondwet gebasseer op die waardes van vryheid, gelykheid en menswaardigheid dan nie om met mekaar saam te leef en te aanvaar ten spyte van hierdie verskille nie?

 

Vra jouself af: sal jy dit kon aanvaar as 'n groep Xhosa-sprekende studente 'n mosie indien om klasse in Xhosa te kry by die US (- sou daar genoeg Xhosa-sprekende studente by die US wees, wat tans nie die geval is nie grotendeels agv taal)? Sal jy eerlik op die vraag kan nee antwoord? Indien nie, behoort jy nie in hierdie land te woon nie. As jy nie kan aanvaar dat mense met verskillende tale, rasse, geslagte, opinies, gelowe om jou gaan woon en saam met jou gaan studeer/werk/leef nie, moet jy jou proverbial spot in the sun êrens anders gaan soek - want SA is 'n rainbow coloured nation en die wat nie wil deel wees van die rainbow nie moet liewer waai.

LETWEL: ek is in prinsiep nie gekant teen die idee van parallelmedium onderrig nie (die T-opsie werk nie rerig vir Afrikaans of Engelse studente nie), dit sou my ook nie pla as die US sou begin om parallel klasse in al 11 tale aan te bied nie (wat natuurlik nie prakties moontlik sou wees nie, dis net hypothetically speaking). Ek dink maar net dat as jy wil hê jou taal moet recognition kry en 'n "spot" gegee word, moet jy bereid wees om dit aan ander taalgroepe ook te gun - en dit in dieselfde dorp/gebied/universiteit - nie daar ver in die Oos-Kaap waar dit jou nie kan pla nie....

 

Comment by Ziyanda Stuurman on November 8, 2011 at 19:11

I was going to post the exact same articles that Philip has posted as links in his comment. I really do urge anyone reading this article to read those two articles as well. Beide artikels wys hoe rerig-erig belaglik dit is om Stellenbos, as universiteit, eksklusief Afrikaans te hou. You wouldn't know it by looking at our campus but we live in a vibrant, dynamic, multi-cultural and multilingual society and that's what we should be striving towards, not going in the opposite direction. Ek is flippen trots op die feit that ek kan 3 Suid Afrikaanse tale praat en ek is trots op die feit dat een van hulle Afrikaans is.

 

I really wish people would untangle the idea of culture and identity from language. The language shouldn't need to be protected and consequently, shoved down people's throats the way Ernst argues it should, just because there is a perceived threat on the culture. Culture and identity are concepts shaped by the people who share it in those two ideas. Afrikaans-sprekende mense maak die taal en kultuur, nie anders om nie.

 

And I purposefully used the T-Option in this comment, just because, you know, I can. ha.

Comment by Rudi Swart on November 8, 2011 at 21:24

Ek het beide daardie berigte gelees. Mens kry liberale, vrydenkende Afrikaanssprekendes wat Engels verkies op universiteit, wat die 'multicultural society' 'embrace'. Hulle veroordeel hierdie mosie, want diegene wat dit aanvoer is oudtyds van denke en rassiste. Dan is daar ander Afrikaanssprekendes wat met die Bybel in die hand brannewyn drink en jokes vertel oor swartmense. Hulle sal die pro-Afrikaanse storie tien teen een heelhartig ondersteun.

 

Ek weet nie wie van hierdie twee groepe my die meeste irriteer nie. Die eerste groep is of van mening dat Afrikaanse sal oorleef ten spyte van die feit dat dit nie op tersiere vlak aangebied word nie, of hulle gee in alle eerlikheid nie 'n dooie duit om wat met Afrikaans in die toekoms gaan gebeur nie. Die tweede groep is so een-ogig en eenrigtingdenkend (is daar so woord?) dat alles wat wit is goed is. Indien almal so was sou ek soos een van my coloured vriende gese het: "Lassit!"

 

Ek sal tog myself met die pro-Afrikaanse 'mosie' vereenselwig bloot omdat ek van mening is dat Afrikaans 'n stadige dood sal sterf indien dit verwyder sal word op tersiere vlak. 'n 100% Afrikaanse universiteit is nie my droom nie, slegs 'n universiteit, en waar anders as Stellenbosch, waar intelligente jong Afrikaanse mense onderrig kan ontvang in hul taal. So kan ons die taal bevorder, bou en behou. 

 

Op die oomblik hou Afrikaans as taal aan 'n dun lyntjie vas, maar Engels is alankal dood. En dit het 'n Duitse ou vir my gese. Kom ons kyk maar wat gebeur. 

Comment by Jasper van Zyl on November 10, 2011 at 18:14

Well, I would like to refer everyone to Pierre de Vos' blog too, but only to see how Gerrit Brand absolutely destroys his arguments. http://constitutionallyspeaking.co.za/why-the-taalbulle-will-destro...

Comment by Elizabeth Moll on November 10, 2011 at 19:12

I agree completely with Ziyanda's comment - why can't we all just embrace the multiculturalism that is developing and accept it for what it is - a life skill that is truly unique and amazing. Language is not culture - just take a look at some of the smaller countries around the world (Hawaii comes to mind even though it is a state) where English is mostly used but the traditional culture is still so alive and vibrant - there is nothing stopping anybody from still celebrating their Afrikaans culture at Stellenbosch.

Add a Comment

You need to be a member of VryeStudent to add comments!

Join VryeStudent

Twitter

Facebook

Members

Hot Topics

Religion and Leadership

Created by Heilige Koei May 18, 2012 at 11:24am. Last updated by Heilige Koei on Friday.

Koshuisplasingsbeleid / Residence Placement Policy

Created by Heilige Koei May 2, 2012 at 12:27pm. Last updated by Heilige Koei on Tuesday.

Gender Equality

Created by Heilige Koei May 13, 2012 at 5:03pm. Last updated by Heilige Koei May 13.

About

Hot Topics include discussion topics that have generated a number of blogs and reactions.

Continue

Created by Heilige Koei Jun 29, 2011 at 3:45pm. Last updated by Heilige Koei May 2.

Taaldebat / Language Debate

Created by Heilige Koei Jan 17, 2012 at 3:39pm. Last updated by Heilige Koei Apr 3.

© 2012   Created by Heilige Koei.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service